The Review Challenge: De Oude Meul

The Review Challenge: De Oude Meul

De Oude Meul,’n besonderse bestemming in die Klein Karoo!

Met die intrapslag word ons begroet met ‘n goep vlytige vroue wat in die ou wêrledse sitkamertjie by ontvangs sit en hekel! Oumie en Mariaan laat ons soos familie voel. Wanneer ek nuuskierig vra na die hekel verduidelik eienaar Mariaan dat die landwye inperking in Suid-Afrika ook ‘n nuwe liefde vir die handwerk laat opvlam het! In plaas daarvan om in negatiwiteit te verval, kom vroue van oral uit die nabye-omgewing weekliks hier by De Oude Meul bymekaar om in mekaar se lief en leed te deel, so tussen die hekel deur! 

Terwyl Jennifer ons na die eenheid neem waar ons vir die naweek sal oorslaap,loop ek met opset stadiger om my te verlustig in die welige, bergomsoomde natuurskoon. Die ou Kaap Hollandse geuwels vertel van die familie wat hulle reeds in die 1800’s hier kom vestig het en hierdie plaas “huis” genoem het.

Die volgende oggend probeer die son se strale plek-plek deur die reënwolke breek en deurdrenk die saal waar ons konferensie gehou word in stralekrans. Selfs die ontbytsaal ruik vol belofte! My siel sing want ek sien uit na ons ontmoeting met die GROOT SKEPPER:ons is hier vir ‘n huwelikskonferensie. Hierdie naweek oortref dan ook ons grootste verwagting,soos ons al ons Hemelse Vader se wyse van dinge doen in ons lewens leer ervaar het!

De Oude Meul is geleë in Schoemans Poort in die Klein Karoo en verbind Oudtshoorn met die gewilde Kangogrotte. ‘n Plek waar jy diep kan dink en rustig word!

Image
Image